Somersoggend; Plaas-vars!


Somersoggend; Plaas-vars!


Somersoggend; Plaas-vars!

Aaron Nel

Ek onthou hoe die son – in die Ooste,

Deur die Maroela boom se blare

Bespikkeld oor die plaashuis begin skyn.

Hoe die gedreun van die trekker

se diesel engine wat ‘start’

die voels se oggendlied eerste onderbreek.

Die geur van aangebrande mieliepap

Wat die huis deur, vanaf die kombuis, infiltreer.

Ma wat begin skottelgoed was;

Nou’s ek wakker want my maag, die raas!

Met melk, botter en suiker sal die pap jou verbaas… –

Al soos wat die vroee oggend bries die dag aan blaas.

Oupa Jannie ry stadig deur die boorde en lande:

Al langs die grond paaie op sy Bantam se bande.

Met ‘n Texan Plain wat hang uit die vensterruit:

‘Behalwe vir nog ‘n bietjie reen, lyk die plante mooi!’ se hy.

Daar is werkers wat waai, so tussen deur die skoffel

en die geskuif van pype wat die lande op die wyse –

Koring en Soya, Katoen en Lemoen – besproei;

Ons vreugde le in die werk van ons hande.