Die pad na Burgersfort…



Die pad na Burgersfort... 1


Die Pad na Burgersfort – Aaron Nel

Die N4 snelweg sny reg deur jou onder bewussyn:

“Kom ons neuk die aarde op sodat ons meer Harleys kan ry!”

Ek sien jy wil graag sommer vinnig jaag, die lewe deur;

Deur die roet en die rook van die steenkool myne:

As jy dit nie vat nie is dit als dalk syne!

So vanaf Noordwes, deur Gauteng, draai in Mpumalanga en stop in Limpopo –

So ry ek vandag die wereld onderstebo!

Die “potholes” van Belfast is die eerste groet

Van “defuncte” munisipaliteite wat die Burgers beboet.

Die Santa pas roete gee jou amper koue voete

En die Drakensberg se tanne vreet groot happe uit jou bande…